Elke Donderdagoggend om 09h30 (60 jaar en ouer)


in die saal vir hul eie diens.

Senior Diens

Ons sing wel-bekende koortjies uit ons eie lied-boek, deel ons getuienis van God se goedheid in ons lewe, bid saam en deel God se Woord. Na afloop van die sel, drink ons almal gesellig saam koffie. Hierdie diens is slegs gesluit tydens die Desember skoolvakansie.


Bejaarde Sorg

Vir daardie seniors wat nie meer die kragte beskik om by ons weeklikse dienste uit te kom nie, maak ons voorsiening om hul individueel te besoek. Ons span wil graag by daardie seniors uitkom wat nie meer familie het om hulle te versorg met algemene takies, bv. apteek of winkels toe neem, hare was, naels versorg, bederf op hulle verjaarsdag, ens.